Posts

Die Apostelaat van die Ou Apostoliese Kerk

Image
Die Apostelaat van die Ou Apostoliese Kerk (van Afrika) Hierdie leesstuk handel oor die ontwikkeling van die apostelaat van die Ou Apostoliese Kerk en 'n vergelyking daarvan met die ontwikkeling van die breër Christendom. Alle geskrifte in hierdie berig is aangehaal vanuit die 1933 Afrikaanse bybel.  Die Ou Apostoliese Kerk, wat soms hierna verwys sal word na as die O.A.K, se leiding kom deur 'n groep mans, genoem die Apostels en gesamentlik genoem die Apostolaat. Die Ou Apostoliese Kerk het tans verskeie maniere wat lede rondom die oorsprong van die apostelamp en dus die kerkgroep se bestaan self verduidelik. Daar is  twee soorte verduidelikings, die amptelike een wat deur die kerk se adminastrasie kom en dan die meer algemene persepsies van lede. D ie O.A.K se amptelike siening rondom die herstigting van die kerk en dus die apostelamp, kan gelees word in die O.A.K se grondwet. Hieronder is 'n skakel van 'n aanlyn PDF kopieë in Engels, wat deur die O.A.K in Nederland v