Die Apostelaat van die Ou Apostoliese Kerk

Die Apostelaat van die Ou Apostoliese Kerk (van Afrika)

Hierdie leesstuk handel oor die ontwikkeling van die apostelaat van die Ou Apostoliese Kerk en 'n vergelyking daarvan met die ontwikkeling van die breër Christendom.

Alle geskrifte in hierdie berig is aangehaal vanuit die 1933 Afrikaanse bybel.

 Die Ou Apostoliese Kerk, wat soms hierna verwys sal word na as die O.A.K, se leiding kom deur 'n groep mans, genoem die Apostels en gesamentlik genoem die Apostolaat. Die Ou Apostoliese Kerk het tans verskeie maniere wat lede rondom die oorsprong van die apostelamp en dus die kerkgroep se bestaan self verduidelik.
Daar is  twee soorte verduidelikings, die amptelike een wat deur die kerk se adminastrasie kom en dan die meer algemene persepsies van lede.

Die O.A.K se amptelike siening rondom die herstigting van die kerk en dus die apostelamp, kan gelees word in die O.A.K se grondwet. Hieronder is 'n skakel van 'n aanlyn PDF kopieë in Engels, wat deur die O.A.K in Nederland verskaf is.

Om die volle dokument te lees: 

https://www.google.com/url?sa=t&source=web&rct=j&url=http://www.oldapostolic.com/netherlands/docs/Constitution%2520of%2520The%2520Old%2520Apostolic%2520Church.pdf&ved=2ahUKEwj18L62m_PlAhXeSxUIHRPyAr8QFjAAegQICBAC&usg=AOvVaw2hCnd_BmY-iY8OmEf9_nen 

Die O.A.K verklaar deur die dokument in afdeling 2.2 die volgende van haarself:

 "THE CHURCH, established by JESUS CHRIST according to the Holy 
Scriptures, revived in Europe in the 19th century and was established in 
South Africa in 1894 and thereafter in other countries."

In Afrikaans vertaal:

DIE KERK, geskep deur JESUS CHRISTUS volgens die Heilige Skrifte, wat in Europa herleef is in die 19de eeu en is in 1894 in Suid-Afrika gevestig en daarna in ander lande.

Hierdie inligting verskil heelwat van dit wat die algemene O.A.K lid van die kerk glo.
Hier is 'n paar voorbeelde van die verskillende kerk-beskoudings van lede:

1)  'n Groot antal lede glo egter dat die kerk (spesifiek die geloof wat die O.A.K verkondig, nie noodwendig die naam nie) 2000 jaar terug deur Jesus gestig is en in 'n ongebroke lyn tot nou toe en somtyds in die geheim moes voortbestaan, wanwee vervolging.

2) Nog 'n groot aantal lede glo dat die Jode hulle eie skrifte verkeerd verstaan, naamlik op 'n letterlike manier, terwyl God bedoel het dat alles, van A-Z in die skrifte slegs figuurlik verstaan moes word.
Hierdie siening impliseer gewoonlik dat die geloof om en by 6000 jaar oud is.

3) Groep 3 is seker die kleinste groep. Hierdie groep glo wel dat die O.A.K se geloof in die 19de eeu oorsprong het -erkentlik deur die Nuwe Apostoliese Kerk- en dat die O.A.K die oorspronklike leer van Jesus Christus kom herstel het. (In 'n soortgelyke wyse wat Moslems, Mormone en Jehovah se Getuies almal volhou dat hulle ook God se oorspronklike boodskap kom herstel het)

4) Die laaste een is die mees liberale verduideliking van die O.A.K, naamlik dat die geskiedenis en ontstaan van die O.A.K geensins verskil maak op die mensdom se saligheid nie, en is irrelevant. Die kerk se siening maak sin op grond van wat die leser in die skrifte vind, wat gepaard gaan met die verklaaring wat die O.A.K aanbied om letterlike vertolkings se probleme te oorkom.

Die verduidelikings swaai op 'n stadium na dat die kerk nog altyd Jesus Christus self was en is. Die naam 'Jesus Christus' in die oë van die Ou Apostoliese Kerk is sinoniem met die organisasie as geheel.
Dit bring gewoonlik verwarring aan beide kante van die gesprek, omdat beide partye aan iets anders dink waneer daar van 'Jesus Christus' of die woord 'kerk' verwys word.

Of Jesus Christus as waaragtig mens en waaragtig God bestaan het in die oë van die O.A.K is 'n onderhandelbare punt. Lede bly verdeeld daaroor, alhoewel die O.A.K se belydenis uitdruklik sê Hy was. Asook dat Hy werklik uit die dood opgestaan het.
Met dit in gedagte, is dit belangrik om te onthou dat meeste van die apostels marteldode gesterf het, juis omdat hulle die werklikheid van Christus se opstanding verkondig het.
Die apostels kon maklik hulle eie lewens red, net deur om te spesifiseer dat hulle 'n figuurlike storie vertel. Om byvoorbeeld lewendig verbrand te word, of in die helfte gesaag te word en so aan is stadige - pynlike dode, soos met Mattías, Judas se plaasvervanger, terwyl en voor hy verband is was daar baie tyd om sy storie te verander en te spesifiseer dat die verhaal van Jesus slegs 'n groot gelykenis was. 

Genade was in baie gevalle aan martelaars geoffer as hulle net hul storie sou ontken, maar die apostels wou en kon nie ontken nie.

In kort: Omdat die O.A.K maniere gevind het om die skrif op algoriese, geestelike of figuurlike maniere te kan verbind en verduidelik, sodat dit nie met gewone allerdagse logika bots nie, is vir die organisasie se lede bevestiging dat die geloof van wel Christus af kom.

Die kerk geskep deur Jesus Christus?

Die uitdrukking "apostolies" oor die algemeen, verwys na 'n ongebroke leierskap, wat 'n tasbare ketting terug na Jesus Christus verbind. 
In ander woorde, van die eerste apostels se hande, tot die volgende opvolger se voorhoof en van daai opvolgers se hande tot dié voorhoofde wat hulle daarna verordeneer en so aan, tot waar ons nou in die jaar 2020 sit. 
Waar daar 'n lyn van opvolgers deur die apostels gevestig is, word dit 'n bisdom in Afrikaans en episcopate of bishopric in Engels genoem .

Nou dat ons 'n idee het van wat apostolies impliseer,  kom ons kyk weer na die Ou Apostoliese Kerk se amptelike stelling oor haarself:

"DIE KERK, is geskep deur JESUS CHRISTUS..."

Skotse predekant, Edward Irving lewer sy boodskap in 'n tradionele gestylde kerkgebou in Skotland. Die Kerk van Skotland het in die 1500's van die Rooms Katolieke Kerk afgestig.

Aangesien Jesus Christus as geskiedkundige mens die aarde in 30/33n.C verlaat het en die O.A.K eers in die 19de eu gestig is, is daar 'n groot spasie in jare tussen die Kerk wat Christus direk gestig het, en die kerk wat Edward Irving gepredik het wat aan die been moes kom. Irving se idee van die nuwe kerk sou later in praktyk aanhoudent afsplinter tot die by Ou Apostoliese Kerk. 
Daar is meer as 'n hele 1800 jaar verskil in die ouderdom van Edward Irving se konsep van die nuwe 'apostoliese kerk' en Christus se gevestigde, antike Kerk.

Die argument van die geldigheid van Edward Irving se idee van 'n nuut geskepte apostelamp, is gelykstande aan eimand wat vandag 'n koeldrank firma stig en beweer dat hulle die oorspronklike Coca-Cola resep uitgedink het.
Na 128 jaar van Coca-Cola se bestaan, sal die hele wêreld so bewering as 'n lagsaak beskou, hofsake nie eers tersprake nie.

Voortbestaan van die Apostoliese Kerk in die Christendom.
 
Die maklikste manier wat meeste mense 'n  vertroubare voorbeeld kan oplees oor die voortbestaan van die oorspronklike apostoliese bisdom van die Kerk, sal wees om na die skrifte te verwys. Die voorbeeld kan ons in Handeling 1 vind, toe die apostels en 'n paar broers en susters bymekaar gekom het, waar Petrus opgestaan het om 'n Psalm te kwoteer en dit aangepas het rondom die voormalige apostel Judas Iscariot (wat toe al oorlede is) lui as sulks:

 "Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem." (Hand 1:20)

Matthías is toe gekies om verder saam met die 11 apostels te wees (Hand 1:26).

Die O.A.K haal self graag hierdie tipe gedeeltes aan om hul apostoliese opvolging te motifeer, maar ons sien die skrifte noem dit spesefiek 'n opsienersamp, nie 'n apostel amp nie. 
Die O.A.K sal in argument volhou dat Mattías in hierdie geval eintlik as 'n apostel gekies is en dat hy as 'apostel' ook in so 'n 'laer' opsienersamp kon optree.
Die O.A.K het wel 'n opsienersamp, maar die amp raporteer aan hul apostels. Judas het nie 'n laer amp as die ander 11 gehad nie, so dit is onmoontlik so 'n argument te gebruik.
Die apostelamp was nog altyd 'n eenmalige amp gewees, anders kon Petrus dit maklik en direk 'n apostelamp noem, tensy ons woorde in sy mond wil druk.

Die Opsiener op ander plekke in die 1933 Afrikaanse bybel: 1 TIM 3:1, I TIM 3:2, TIT 1:7, FILEPENSE 1:1. 
(Die vers verwysings is meestal aanduiding vir dié wat opsieners wil word en hoe hul gedrag hoort te wees. Ons vind geen ander aanduiding in skrif vir die moontelikheid om 'n apostel te word nie.)

'n Opsiener is eenvoudig soos in alle Engelse bybels 'n "Bishop" genoem.
Hierna word 'n Opsiener verwys na as 'n Biskop, wat vir dieselfde amp 'n wisselbare naam is. Biskop = Opsiener.

Die opsienersamp is vir meeste Afrikaanspreekendes 'n vreemde term, omrede hul 'n protestante agtergrond het wat daardie opsienersamp amp uitgesny het.

Protestant verwys na 'n groep mense wat in die 1500 - 1600's ontevrede geword het met die gevestigde kerk in Europa, naamlik die Rooms Katolieke Kerk. Protestante mense het dus teen die Kerk geprotesteer.
Die Ou Apostoliese Kerk is dus ook streng gesproke protestant, alhoewel sy haar nie met enige ander Christene wil laat groepeer nie.

Edward Irving het verkondig dat al die apostels uitgesterf het en die apostolaat dood geloop het, wat korrek is, maar Irving het geglo dat die apostelampte weer van vooraf gevul moes word. 
In werklikheid het die apostelamp doodgeloop en biskope dien as die geldige opvolgers, maar biskoppe dien nie as apostels nie, slegs as hulle opvolgers.


Hier is 'n paar voorbeelde van waar die apostoliese bisdom die Kerk begin het.

Petrus       => Rome en Antioch 
Paulus      => Griekeland
Johannes => Efesiers (Turkye)
Thomas    => Indië (en die Ooste)
Jakobus   => Jerusalem
Mattías     => Ethiopië


Bewyse hiervan is dat ons na enige biskop van die drie grootste kerke kan gaan naamlik, die Rooms, Ortodokse en Anglikaanse kerke en enige een van die biskoppe kan vra om hulle bisdom se geldigheid te bewys. Hul sal dan 'n lys van datums en name van biskoppe wat voor hulle was, uithaal as bewyse van hulle apostoliese opvolging. Die lyste se name loop terug tot na die apostels. Ander geskiedkundige bronne buite die kerk kan ook raadgepleeg word.
Die biskoppe se lyste verbind hulle direk tot Christus se stigting van die Kerk.

Dit is opvallend dat die gunsteling bybel van die Ou Apostoliese Kerk, die King James Bybel, nogsteeds die werk en eiendom van die Anglikanse Kerk is, wat al in die vroeë 1600's vertaal is. Die amptelike skrifte wat die O.A.K gebruik is self 200 jaar voor die Edward Irving se kerk (wat later die O.A.K word) se geborte al in bestaan.

Om uit te brei op 'n voorbeeld van apostoliese opvolging is waar Petrus die Kerk, 6.5km van Jerusalem op 'n plek met die naam van Antioche gestig het. Petrus het toe 'n opvolger gekies toe hy Antioch verlaat het, die opvolger se naam was Evodius. Hy was dus 'Evodius, Bishop of Antioch' en daar is genoeg oor hom in geskiednis boeke geskryf. Evodius het as biskop gedien tot sy dood in 66n.C.
Evodius se opvolger was Ignatius of Antioch.

 [Die plek Antioch in die skrif: Hand 11, 12, 13, 14, 15 & 18, Gal 2 & 2 Tim 3]

Die Antioch kerkgebou bestaan nog en kan deur enige iemand besoek word.

Nadat Petrus by Antioch weg is, het hy toe volgens geskiedenis en kerk dokumente in Italië beland, waar hy ook daar die Kerk en dus nog 'n bisdom daar gestig het.
Na Petrus se marteldood, waar hy onderstebo gekruisig was, word Petrus se apostoliese opvolger in Rome 'n man genoem Linus, Linus die Biskop van Rome.
Linus het ook in 2 Tim 4:21 'n verskyning in die bybel gemaak. Linus se ligaam lê vandag in die Vatikaanstad langs Petrus se ligaam begrawe.

Paulus het ook 'n apostoliese bisdom in die Griekse gebied gestig. Dit is bevestig deur verskeie briewe wat geskiedkundiges wat in dieselfde tyd gelewe het, na mekaar toe geskryf het. Die briewe noem dat die opvolger van Paulus 'n man genoem 'Dionysius the Areopagite' is. Dit stem ooreen met kerkgeskiedenis en tradisie. 
Dionysius het Biskop van Griekeland se hoofstad, Athene geword. Ons lees van Dionysius (Hand 17:34) aan die einde van Paulus se bekende toespraak oor die altaar wat:
"Aan 'n onbekende God" gerig is (Hand 17:23).
Dionysius het ook in sy persoonlike briewe genoem dat hy Maria, die moeder van Christus ontmoet het en haar begrafnis bygewoon het. Wat vir die O.A.K lid verdere bevestiging hoort te wees dat Maria ook 'n werklike person was.
Die Ortodokse Katedraal, Athene, Griekeland, gewy aan Biskop Dionysius. 'Katedraal' is 'n afleiding van die woord Cathedra, wat letterlik na die stoel van 'n biskop verwys. (Sien stoel van Moses in Joodse tradisie Mat 23:2)

Dit is belangrik om te verstaan dat voor die jaar 1054 n.C daar slegs een kerk was.
Daardie Kerk was as beide katoliek en ortodoks beskryf.
Petrus se kerk in Rome (en die Weste) handel vandag as Katoliek en Paulus en ander apostels se kerke in die Ooste meestal as Ortodoks. 
Die split was 'n geografiese split.
Die 1054 split was hoofsaaklik oor die Ortodokse (Oostelike Christene) se ontevredenheid oor Weste se oorbeklemtoning van die Biskop van Rome as die 'hoof' oor die hele Kerk. Die Biskop van Rome staan ook bekend as die Pous. Tereg was die Oosterlike Christene ontevrede oor dat dit tradisie is dat alle biskoppe gelyke outoriteit het. Die Ooste was ook veral ontevrede oor die Roomse byvoeging van die Filioque.

Die Ou Apostoliese Kerk behoort baie simpatie met die Ortodokse Christene te hê, omdat die Ou Apostoliese Kerk oorspronklik in Suid-Afrika gevestig is as die Nuwe Apostoliese Kerk (N.A.K), maar  weggebreek het oor die N.A.K se skepping van die 'Stam Apostel' of 'Hoof Apostel' amp en verskeie ander redes. Soos Rome wat oorbeklemtoning op die Biskop van Rome geplaas het.

Die naam Ou Apostoliese Kerk is in die vroeë 1900's uit 'n Suid-Afrikaanse hofsaak gebore.

Gevolgtrekking.

Die ware Apostoliese Kerk lewe steeds voort, hoofsaaklik in die vorm van die Roomse Kerk, die Ortodokse Kommunie en Anglikaanse Kommunie. Sy is tans 'n bietjie verdeeld, maar pogings om Haar te hereenig en gesprekke is reeds aan die gang!

In die lig van die geskiedkundige inligting vra vraag 12 van die Ou Apostoliese Kerk se kategismus 'n ironiese vraag aan:


Comments

  1. Hierdie artikel is baie mooi omskryf, goed nagevors en eerlik.

    ReplyDelete
  2. Jou navorsing is werklik baie oppervlakkig. Om te begin, wat jy noem oor Edward Irving is glad nie uit oorspronklike bronne nie. Dit is uit jou verbeelding uit. Irving was nie die stigter van die Apostoliese Kerk nie. Kenners soos Edward Muller, Columba Flegg en Tim Grass stem ooreen in hulle navorsing dat Irving nie op enige wyse gesien kan word as die stigter nie. Irving word baie verwar met ander persone of sy werke word heeltemaal uit konteks aangehaal sonder enige agtergrond kennis oor Irving self.
    Die Apostoliese Leer van die Kerk, maw die Kerk versamel onder Apostels maak nie gebruik op 'n geslagslyn wat teruggan in die verlede soos die Katolieke nie. In teendeel , die Katolieke Kerk se inligting is foutief en dit kan duidelik uitgewys word dat Apostel Petrus glad nie die Biskop van Rome was nie. Volgens Skrifte was Apostel Petrus se verantwoordelikheid beperk tot die Jode in die moderne Israel/Palastina omgewing. Die verantwoordelikheid van nie-Jode was aan Paulus toevertrou waarnaa hy opgevolg was deur ander Apostels soos Barnabas, ens. Die pastoor Roger Sapp in sy boek noem nog 13 ander Apostels as die oorspronklike 12.
    Ander pastore skryf ook dat vandag se kerke ondergaan as gevolg van 'n tekort aan die bediening van Apostels, Profete, Evangeliste, Herders en Leeraars. Hulle sluit in Rick Joyner, C. Peter Wagner, David Cannistraci, en Bill Hammond. In Suid Afrika is daar ook megakerk pastore soos Nevil Norden wat glo dat hy 'n Apostel is en vele pastore het al na hulself as Profete verwys.
    Ten opsigte van Jesus, moet jy nie gaan kyk na die Bybelse verhale in die Evangelies en daaruit bepaal wanneer Jesus gebore is nie. Jesus Christus was daar van die begin af soos beskryf in Joh 1:1. God se eerste daad met die skepping was die stigting van die Kerk dmv Jesus Christus .Joh_15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
    Joh_10:38  maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.
    Joh_14:10  Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
    Joh_14:20  In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
    Joh_17:21  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
    Die Apostoliese Kerk bestaan van die begin af.
    Kyk ook na die navorsing wat gedoen is oor die geskiedenis en hoe die kerkvaders die Bybel gelees het. Volgens Henning Graf Reventlow in sy History of Biblical Interpretation Vol 1, en ook I Spangenberg in sy boeke dui daarop aan dat die Bybel deur die Kerkvaders op 'n Geestelike wyse verstaan is en glad nie letterlik nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Melt ou vriend, Irving was die stigter van die kerk waaruit die Katolieke Apostoliese Kerk (KAK) voortgespruit het.
      Volgens die OAK se eie amptelike geskiedenis:
      “…Kerkgeskiedenis: Die Apostoliese Beweging: 1800 tot 1900 Ene Edward Irving, ’n leeraar in die Kerk van Skotland maak ’n indringende studie van die profesieë wat voorspel het dat die Apostels en profete weer verordineer sal word. Hy kom tot die gevolgtrekking dat hierdie gebeurtenis moet plaasvind sodat die Kerk weer tot volheid kan kom. Na die roeping van Apostel Cardale (na aanleiding van die mees onlangse Albury konferensie) is ’n verdere elf Apostels verordineer, sowel as Profete, Evangeliste, Opsieners en ander ampte. Irving word as ’n Opsiener in die Katolieke (beteken: “algemene”) Apostoliese Kerk verordineer…” Irving het ‘n baie invloedryke en beslissende rol gespeel, groot genoeg dat sy volgelinge en die daaropvolgende “apostoliese beweging” ook as die “Irvingites” bekend gestaan het.

      Rakende u stelling: “…Die Apostoliese Leer van die Kerk, maw die Kerk versamel onder Apostels maak nie gebruik op 'n geslagslyn wat teruggan in die verlede soos die Katolieke nie…”
      Dus erken u dat die OAK nie altyd bestaan het nie en dat daar glad nie bewys kan word dat die huidige OAK “apostels” ‘n geslagslyn het wat terug gaan na Jesus se oorspronklike apostels toe nie. Mooi Melt :-)

      Ek sal graag wil weet wat is u interpretasie van die word “geestelik”. Een oomblik verwys u na Petrus se verantwoordelikheid in “moderne Israel”, en van nie-Jode wat aan Paulus toevertrou word, maar dan skryf u dat ons nie na die Bybelse verhale in die Evangelies moet bepaal wanneer Jesus gebore is nie. Enkele versies word dan aangehaal en dan probeer u die punt benadruk dat “ die Bybel deur die Kerkvaders op 'n Geestelike wyse verstaan is en glad nie letterlik nie.” Ek glo nie u verstaan die Evangelie nie. Ek glo ook nie u definisie van “Geestelik” is dieselfde as die van die “Kerkvaders” nie.

      Delete
    2. Dit word duidelik in die Skrifte gestel;
      1Ti 1:3  Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie, 
      1Ti 1:4  en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is. 
      Tit_3:9  Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.

      Die roeping van die Apostels in die tyd van 1832 tot 1835 asook 'n nuwe roeping in 1862/1863 was soos wat reeds bevestig is in die amptelike geskiedenis van die Kerk en ook deur Akedemiese navorsers soos Flegg, Glass, Hobst, Tang en Brandt 'n nuwe roeping en 'n herstel van die Apostel amp. Apostel Schwartz stel dit ook duidelik in sy boek Het Boek voor Onze Tijd en ook in Het Apostelampt dat dit 'n nuwe roeping was omdat die antieke kerk sy terug gekeer het op eerstens die Apostelamp en toe die Profete amp.
      Tog is daar net Een Here, Een Geloof en Een Doop soos duidelik gestel in Efe 4. Daardie Een Here is Jesus Christus wat onveranderlik is. Daaarom is die Hoof en Stigter van die Apostoliese Kerk in die eerste eeu ook dieselfde Hoof en Stigter van die Ou Apostoliese Kerk vandag want die stigting het nie uit 'n mens gekom nie, maar van die Here uit die Hemel.
      Met die begrip "Geestelik" word ook bedoel 'n Allegoriese Interpretasie wat jy duidelik sal sien indien jy enige dringende aandag gee aan die Kerkvaders wat die eerste was om opklaring oor die Skrifte gegee het. I Spangenberg, 'n Suid Afrikaanse Professor in Teologie gee baie goeie verduideliking daarvan in sy boeke wat jy ongelukig net in Akedemiese Boekhandelaars sal vind.
      Ek is ook van siening dat jy nog nooit die konteks verstaan waarin die Kerk onder Apostels in 1832 tot stand gekom het nie, en wat Edward Irving se rol daarin is nie. Irving was bloot 'n verslaggewer van wat plaasgeving het tydens die Albury Konverensies en het nie sy eie gedagtes gepredik nie. Dit kom duidelik na vore as jy die verslae van die Konverensies lees wat as The Morning Watch gepubliseer was. Voor Irving was daar reeds 'n beweging gewees wat die Apostoliese sienswyses verkondig het, maar in die harwar van ander gebeure nie dudelik uitgewys word nie.
      Jou hoofsaaklike probleem is eerstens dat jy doen wat genoem word die "Texas Sharpshooter". Jy skiet teen 'n groot muur en dan trek jy jou teiken en beweer jy het raakgeskiet. In plaas van dat die inligting jou lei, moet jy nie die inligting lei nie. Jou tweede fout is dat jy nie die konteks van die bronne verstaan nie.

      Delete
    3. Dit word duidelik in die Bybel gestel dat Paulus die brief aan Timótheüs in Éfese gerig het (1 Timotheus 1:1-3). Paulus is die voorganger van die gemeente in Éfese, dus wanneer hy skryf oor geslagsregisters, verwys hy nie na ‘n “geslagslyn” van “apostels” nie.

      2 Timothy 4:22 (KJV)
      The Lord Jesus Christ be with thy spirit. Grace be with you. Amen. The second epistle unto Timotheus, ordained the first bishop of the church of the Ephesians, was written from Rome, when Paul was brought before Nero the second time.

      Die “Akedemiese navorsers soos Flegg, Glass” ens. waarna u verwys, het geskryf oor die Katolieke Apostoliese Kerk, nie die OAK nie - daar is ‘n baie groot verskil. Die OAK is glad nie onder dieselfde “apostels” as hulle vergader nie en dit was Carl Klibbe wat die OAK gestig het. Carl Klibbe is in 1931 oorlede, hy was dus ‘n gewone mens en nie die Here uit die Hemel nie. Die OAK se oorsprong was dus in Suid Afrika, die OAK het nêrens anders sy oorsprong gehad nie. Nou nog amper ‘n 100 jaar later sit die oorgrote meerderheid OAK “apostels” almal in Suid Afrika.

      Rakende u stelling;
      …Daardie Een Here is Jesus Christus wat onveranderlik is…
      Die OAK glo hulle is dan self die Here Jesus Christus, dus nie dieselfde Here Jesus Christus wat opgevaar het voor Sy dissipels se oë nie (Handelinge 1:6-11).

      Delete

Post a Comment